Information
  • 066 354 0183/082 9706 880
  • petroja@mweb.co.za
  • https://www.ellenrust.co.za/
  • Stilbaai
  • Real Estate
Description

Ellenrust Leefstyloord bied aan mense bo 50 die geleentheid om die uniekheid van Stilbaai te ervaar tydens hul aftrede - vars seelug, veilige omgewing, talle staproetes, blouvlagstrand en 'n rivier wat deur die dorp vloei.

Die oord word in drie fases ontwikkel. In die eerste fase wat reeds afgeskop het, word 42 eietitel-erwe verkoop en kopers het sewe moderne huis-ontwerpe om van te kies. Pryse begin by R1 500 000.

Die ontwikkelaar gaan die eerste gedeelte van die Versorgingseenheid reeds in die fase bou, met die klubhuis in fase twee. In die laaste fase word die Versorgingseenheid uitgebrei. Sekuriteit sal 'n hekhuis met 24-uur wagte insluit, 'n heining om elektriese drade en kamerastelsel.