AHi-eerbewyse

Stilbaai Sakekamer is baie trots op die Sakelui van Stilbaai!

Die finaliste in die AHi se 2021 Algemene Jaarvergadering eerbewys-kompetisie is vandag bekend gemaak en is daar 5 van ons besighede as finaliste aangewys, sowel as die Sakekamer self wat meeding om die Sakekamer van die Jaar trofee.

Die besighede in Stilbaai is:

1.       AHI Beginner Klein Besigheid:  Basil & Biltong (Johannie en Werner)

2.       AHI Klein Besigheid van die Jaar:  Care Care Clinic (Jacques Hefer)

3.       AHI Mees Innoverende Gasvryheidsbesigheid

          –  Allegaartjie (Thelma en Didi)

          –  Coffee & Cream (Ida Prinsloo)

          –   Sterrehemel CafeRestobar (René Haarhoff)

Maak asseblief seker dat die nuus versprei word in ons dorp en dat alle Stilbaaiers bewus is van die groot eer wat ons dorp te beurt geval het en hoe om te stem om te verseker dat ons Sakekamer genomineerdes kan wen

Die skakel is: http://www.myahi.co.za/vote-stem/.

Sake Groete