

Links – Ben Vrey Stilbaai Besigheidsforum Bestuurslid
Volgende – Leo Woityczka – Senior Manager Transactional Banking
Middel – Randall Bailey – Regional Manager CBC Business Unit
Regs van middel – Charlene Venter – Tak Bestuurder Nedbank Riversdal
Heel Regs – Pedro Rhode – Executive CBS Business Unit
’n Groot dankie aan Nedbank vir hul volgehoue verbintenis aan die gemeenskap, en aan die Stilbaai Gholfklub vir die uitstekende gasvryheid.
Stilbaai – Nedbank het op Donderdag, 20 November 2025, sy verbintenis tot die Stilbaai-gemeenskap herbevestig tydens ’n goed bygewoonde inligtingsessie by die Stilbaai Gholfklub. Dit volg ná die sluiting van die plaaslike Nedbank-tak, wat tot uitdagings vir besighede gelei het.
Ongeveer 30 sakelui van verskeie sektore het die sessie bygewoon. In vennootskap met die Stilbaai Besigheidsforum het die byeenkoms ’n waardevolle platform geskep vir gesprekke oor dienslewering, plaaslike behoeftes en Nedbank se planne om ’n sigbare teenwoordigheid in die dorp te behou.
Randall Bailey (Streeksbestuurder: Tuinroete) het erkenning gegee aan die ongerief wat kliënte ervaar het en beklemtoon dat Nedbank toegewyd bly aan Stilbaai.
Pedro Rhode (Algemene Bestuurder: Wes- en Noord-Kaap) het die bank se transformasieproses verduidelik en verseker dat Stilbaai steeds ’n strategies belangrike gemeenskap is.
Hoewel daar geen kasdienste in Stilbaai is nie, kan besighede steeds grootmaat kontant- en muntbestellings vooraf per e-pos plaas. Bestellings word by die Riversdale-tak verwerk.
Kontak: charleneo@nedbank.co.za of gertruidak@nedbank.co.za
Plaaslike besighede het hul bekommernisse oor kontantbestuur, ligging en diensvereistes gedeel. Nedbank het alles genoteer en onderneem om ’n omvattende aksieplan saam te stel.
Leo Woityczka en Linda Gwabe het onderskeidelik gefokus op transaksionele oplossings en finansiële opvoeding vir klein ondernemings.
Die sessie is positief ontvang en het die samewerking tussen Nedbank en die Stilbaai-sakegemeenskap versterk. Nedbank het bevestig dat die gesprek voortgesit sal word en dat die bank toegewyd is aan diensoplossings wat plaaslike ekonomiese groei ondersteun.
A sincere thank you to Nedbank for their ongoing commitment to our community, and to the Stilbaai Golf Club for hosting the session with such professionalism.
Stilbaai – On Thursday, 20 November 2025, Nedbank reaffirmed its commitment to the Stilbaai community during a well-attended information session at the Stilbaai Golf Club. This followed the closure of the local Nedbank branch, which affected day-to-day operations for several businesses.
Around 30 business owners from different sectors attended. Hosted in partnership with the Stilbaai Business Forum, the event provided a valuable platform for discussions on service delivery, local needs and Nedbank’s plans to maintain a visible presence in the town.
Randall Bailey (Regional Manager: Garden Route) acknowledged the inconvenience experienced by clients and emphasised Nedbank’s continued support for Stilbaai.
Pedro Rhode (General Manager: Western & Northern Cape) outlined the bank’s broader transformation strategy and reiterated Stilbaai’s strategic importance.
Although cash-desk services are no longer available in Stilbaai, businesses may still place bulk cash and coin orders in advance via email. These are processed at the Riversdale branch.
Contact: charleneo@nedbank.co.za or gertruidak@nedbank.co.za
Local business owners raised concerns regarding cash handling, accessibility and service needs. Nedbank took detailed notes and committed to preparing a comprehensive action plan.
Leo Woityczka and Linda Gwabe provided insights into transactional solutions for SMEs and upcoming financial education initiatives.
The session was well received and strengthened cooperation between Nedbank and the Stilbaai business community. Nedbank confirmed that further dialogue will continue and reaffirmed its commitment to solutions that support local economic growth.